Aristarchos van Samos

Aristarchos van Samos
Standbeeld van Aristarchos in Salonika, Griekeland

Gebore 310 v.C.
Samos, Griekeland
Oorlede 230 v.C.
Blyplek Antieke Griekeland
Vakgebied Sterrekunde, Wiskunde
Bekend vir Teorie van heliosentrisme, posisionele sterrekunde

Aristarchos (Grieks: Ἀρίσταρχος, 310 v.C. – ca. 230 v.C.) was 'n Griekse sterrekundige en wiskundige, wat op die eiland Samos in Griekeland gebore is. Hy het die eerste bekende heliosentriese model van die sonnestelsel voorgestel, met die son instede van die aarde by die middelpunt van die bekende heelal. Hy is beïnvloed deur die Pythagoris Philolaos van Kroton, maar, in teenstelling met Philolaos, het hy die "sentrale vuur" met die son in verband gebring, en die ander planete in hul korrekte orderang rondom die son aangedui.[1] Sy sterrekundige idees is dikwels verwerp ten gunste van die geosentriese teorieë van Aristoteles en Ptolemaios, tot hul suksesvolle herlewing byna 1800 jaar later danksy Copernicus, en die daaropbouende aanvullings deur Johannes Kepler en Isaac Newton. In moderne tye is hy vereer deur die maankrater Aristarchus, asook die Griekse Aristarchosteleskoop, na hom te vernoem.

  1. Draper, John William "History of the Conflict Between Religion and Science" in Joshi, S. T., 1874 (2007). The Agnostic Reader. Prometheus. pp. 172–173. ISBN 978-1-59102-533-7.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) CS1 maint: numeric names: authors list (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search